Books By Felicia Snyman-du Toit

Felicia Snyman-du Toit was born in the industrial town of Springs, South Africa. She obtained her master’s degree in law at the University of Pretoria. Felicia is an attorney, who stands with one foot in practice and one in academia. She has given presentations and papers at numerous international conferences. Currently she works as a legal consultant and mediator. In 2019, she married the love of her life. They, together with their children and dogs live in Vanderbijlpark. In 2016, Felicia accomplished her dream as a published author in Afrikaans in the romance genre and released several titles under her own name. In 2023, her first children’s book series, based on her daughter and Boston Terrier, was published. In 2024 she published her first fantasy book. She has written numerous plays for universities and schools. As well as dialogues and monologues performed at art festivals. She is obsessed with Boston Terriers, music, dancing, reading and her family. Felicia also believes tea makes anything better, even healing a broken heart.

Rouxlé is ’n onafhanklike vrou wat nie ’n man nodig het nie. Sy wil wel een hê. Meer spesifiek, sy wil vir Francois hê. Sy sluk haar trots en stel haarself aan hom voor, maar hy maak dit duidelik dat haar bravade hom nie beïndruk nie. Haar brein skreeu vir haar dat sy wye draaie om hom moet loop, liefs van hom moet vergeet, maar haar hart het ander planne. Francois besef gou dat hy ’n fout gemaak het. Rouxle het dadelik ’n indruk op hom gemaak en hy sal enigiets doen vir ’n tweede kans. Al is dit om sy eie trots in die sak te steek en aan homself te erken dat die vurige rooikop met die eksentrieke hare reeds in sy hart leef.

Analene kry haarself in ’n ongemaklike situasie. Dan kom die aantreklike rugbyheld Reuben tot haar redding en keer haar hele bestaan onderstebo. Gaan sy die moed hê om haar hart te volg?

Kan sy hom liefhê as sy hom eendag dalk kan vergeet? Sashen en Olivia deel tydelik ’n meenthuis maar sy bly vir hom ’n raaisel. Hy moet homself elke dag herinner om nie vir haar te staar nie maar dis nie net haar skoonheid wat hom gevange hou nie maar haar kwesbaarheid. Sy dra egter swaar aan bagasie van die verlede onder andere Alzheimer’s wat haar ma geplaag het en wil nie vir Sashen ’n kans gee nie. Wie sê hy sal nie ook net weggaan as sy hom nodig het soos haar stiefpa met haar ma gemaak het nie? Hoe kan sy enige man ooit vertrou? Olivia moet besluit of sy dit wil waag: onvoorwaardelike liefde nóú of ’n leeftyd van vrees vir die onbekende?

Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood van hul goeie vriend en die letsel in haar nek… Stander stoei steeds met skuldgevoelens oor destyds, maar sy liefde vir Lente brand al hoe sterker. Sal hulle die spoke van die verlede kan verjaag of gaan hulle die maklike roete kies en met ’n hart vol letsels wegstap?

Megan is ‘n vuurvreter advokaat wat haar nie van stryk bring nie, totdat sy die aantreklike Eckhardt met sy verspotte kort kakiebroek raakloop. Boonop moet sy nou saam met sy broer, ‘n alombekende mode-ontwerper, werk. Eckhardt staan nie terug vir ‘n uitdaging nie en stel sy mense altyd bo homself. Megan betree sy lewe en vir die eerste keer is sy eie smagting belangriker. Sal Megan haar trots kan opgee om haar hart te volg, of sal sy toelaat dat liefde deur haar vingers glip?

Met haar besige beroep as ‘n paalfiksheidsinstrukteur, stel Shaylyn nie in ‘n verhouding belang nie. Sy en Cameron, die uiters aantreklike eienaar van die vegklub oorkant haar studio, stamp nie net koppe nie, maar beland ook saam in die vegkryt. Shaylyn dra swaar aan die laste van die verlede. Sy is die voog van haar gestremde suster en het die verantwoordelikheid om haar teen hulle wrede verlede te beskerm. Sy leer egter vinnig in die oë en arms van Cameron dat nie alle mans dieselfde is nie. Die spoke van die verlede stap ook saam met Cameron. Hy besef gou dat Shaylyn sy hart met een hou verower het en sal enige iets in sy vermoë doen om haar te beskerm. Maar ‘n misverstand ruk hulle uitmekaar en moet Shaylyn kies tussen haar eie geluk en haar suster se veiligheid. Gaan sy toelaat dat die verlede en dreigende vrees ‘n toekoms saam met Cameron verwoes? Of gaan die liefde hierdie keer ‘n uitklophou slaan?

Delia kan nie glo haar onwillige Samaritaan is Adriaan Bromberg haar niggie se skripsieleier nie. Ongeag hoe baie hy aan haar hart raak dra hy swaar aan sy grootwordjare. Sal hy die bagasie van die verlede uit die wegruim om vir haar plek te maak?

Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan. Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê hulle is dood. Maar Benru is nie so seker nie … Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd. Het Wayne regtig deur ’n boom in Ouma se agterplaas geklim en na ANDER PLEKKE GEREIS? Wie is die eienaardige mense wat aan die deur klop? Het Benru magte waarvan hy nie weet nie? Benru weet dit nog nie, maar ’n avontuur van reis, geheime agente en spesiale magte lê vir hom voor!

Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip …In “Die Swembadmonster” verander ’n prettige dag in die swembad in ’n avontuur waarin ’n groot seekat vir Adelie en Riley probeer vang.Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker.Maar hoekom is daar ’n stuk slymerige poot wat agter bly?

Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip … In “Die Amadidas” speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bomme en bosse – die Amasone!Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer …Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker.Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?